|
FREE NEWSLETTER
If you would
like to receive
PREVIOUS TOPICS
|
Vraag in huurhuismark laer ... Die vraag na huurhuise en -wooneenhede soos eiendomsagente dit ervaar, was in die tweede kwartaal van vanjaar verrassend laer. Bedrywighede in die huurmark het volgens Eerste Nasionale Bank (ENB) se huureiendomsbarometer in die tweede kwartaal tot 7,57 gedaal, van 8,34 in die eerste kwartaal. “Hoewel ’n deel van die daling seisoenaal kan wees, kan dit weerspieël dat huurders en potensiële huurders toenemend onder finansiële druk is en dat eiendomseienaars waarskynlik nie in dié stadium al hul verlangde groei in huurinkomste gaan kry nie,” sê mnr. John Loos, eiendomsontleder van ENB se huisleningsafdeling. Hy sê ondanks die daling is dié vlak steeds hoog en weerspieël dit ’n lewendige huurmark, wat op die punt staan om aan ’n breë front te verstewig. Dit beteken ook nie dat die huurgeld afgeneem het nie. Die gemiddelde bruto inkomste-opbrengs (die jaarlikse huurinkomste as ’n persentasie van die eiendomswaarde) was in sekere pryskategorieë hoër as in die eerste kwartaal. Dit ondersteun onlangse data van Trafalgar se huurindeks, wat getoon het dat huurgeld die afgelope ses maande wel toegeneem het. Loos skryf die daling in bedrywighede ook toe aan die onvermoë van sommige huurders om meer huurgeld te betaal – dít ondanks die feit dat maandelikse huurgeld steeds laer is as maandelikse verbandpaaiemente op ’n 100%-verbandlening. Hy verwag egter nie dat dié onvermoë van huurders gaan verhoed dat die huurmark verder verstewig nie. Dit gaan bloot die pas waarin die huurmark herstel, verstadig. Agente meen die gemiddelde bruto inkomste-opbrengs op huureiendom is steeds aan die lae kant, heelwat minder as die uitgawes van die eienaar. Dit bevestig dat huis- en woonsteleienaars nog nie voldoende huurgeld kry om die totale uitgawes met die eiendom te dek nie. Loos sê om huis te koop of te huur, hou albei voordele én nadele in en hang grootliks af van die verbruiker se finansiële werklikheid. Die opsie om te huur, is gunstiger vir sommige verbruikers omdat dit op kort termyn kontantvloei-voordele inhou. Die pluspunte van eiendomsbesit is die eienaar kan die voordeel ervaar van kapitaalgroei asook stewige inkomstestrome in ’n sterk huurmark. |
Benefit from buying or selling your home through Centurion
Real Estate in Centurion. Call Centre Numbers 012 661 5144 • 012 661 3685 • 012 661 2102
We place a strong focus on safe
and secure properties in various security estates.
|